Profile

Join date: Oct 16, 2021

About
0 Like Received
0 Comment Received
0 Best Answer

Gebore in die laat sestigs in ‘n streng Calvinistiese, NG Kerk, NP huishouding. Ontvang my Laerskool opleiding in Bloemfontein, waar Engels net vir selfverdediging geleer is. En Hoërskool was in die Noordelike voorstede van Johannesburg voltooi. Twee jaar diensplig het my na Pretoria, Walvisbaai en terug Johannesburg toe geneem. Op die Destydse RAU (vandag UJ) het ek Rekeningkunde en voorgraadse Teologie gedoen en toe in Pretoria my Nagraadse Teologiese opleiding gedoen en is gelegitimeer in die NG Kerk en het ‘n eerste beroep aanvaar in die laat negentigs. Hier het my verhouding met die Institusie van die Kerk ernstige skade gekry en teen die begin van die Nuwe Millennium het ons paadjies begin skei. In die vroeë Tweeduisends het ek uitgehelp by n Christin skool in Ladysmith KZN. En middel Tweeduisend het ons Kaap toe geskuif waar ek o.a. n rekeningkundige praktyk gehad en tans is ek die Finansiële Direkteur van Groep Maatskappye hier in Durbanville.


Ek is getroud met Elaine, nee du Toit (Dogter van Johan du Toit) al 30 jaar, het 2 seuns wat nou al groot manne in hulle eie reg is. Het saam met Stephan Vosloo in Ladysmith gewerk by die skool en was in die gemeente daar betrokke. Hier in die Kaap het ek en Skoonpa (Johan du Toit) al jare nou al een of ander vorm van bediening saam gedoen en bly ons nou al vir meer as 5 jaar al saam, waar ons die ongelooflike voorreg het om een keer n week saam te bid en deur ons groei in Teologie te gesels.


As ek terugkyk deur die jare tot waar ek nou is, sal daar seker n paar Professore in hul grafte draai of miskien nie, want hulle sien nou al seker bietjie meer van die Olifant as wat ons dink ons sien…

Tog het my reis my al ver gevat van waar ek begin het as ‘n “good boy” in die streng Afrikaanse huis, want sien as ek nie gedink of gedoen het soos die norm nie…. Maar bo alles het ek nie gewaag om te veel te dwaal nie, want ek was doodbang vir die God waaraan ek voorgestel is. ‘n Beeld wat vasgelê was in die huis waarin ek groot geword het. Tussen alles deur was ek van vroegs af tog bewus dat hierdie God my geroep het. My definisie en verstaan was dat daar net een pad is, ek moet ‘n Dominee word. Het maar so n bietjie geskop daarteen en eers Rek gaan swot, maar voor ek klaar was, het ek die roepstem weer ervaar en oorgeswaai Teologie toe, want alles wat verkeerd geloop het in my lewe was mos maar die teken van ‘n kwaai God wat my gekry het om in te gee. Van n Vader wat my genooi het om deel te wees van Sy werk en Koninkryk het ek nog geen benul gehad nie.


Vandag is ek dankbaar dat ek besig om vir God en Vader te ontmoet deur die werke van Sy Seun en deur die konstante teenwoordigheid van die Heilige Gees sonder wie al my insette, seker maar net n geraas is. En dit bring my by die volgende saak wat ek eers moes en steeds vandag moet deurwerk; die sentrale rol wat ek eintlik speel in my heil en te same daarmee my onheil. Totdat ek nie rêrig die rol van vrye wil verstaan het nie en hoe ek maar soos Adam daagliks my hand uitsteek om van die vrug te eet, tewens krampagtig daaraan vas te hou nie, kon ek nie onderskei tussen die God wat Sy Seun gegee het nie en die Drie-enige-god wat self aan die kruis hang en dit is ek wat Hom daar gesit het.


Daar is n ander aspek in my reis wat ook drasties verander het en dit is my Skrif beskouing. Iewers waar is daar nog n iets binne my wat verantwoordelik met die Bybel wil omgaan, maar die sentrale en onkreukbare rol wat dit gehad het in my lewe dit kan ek nie meer doen nie.


Ek sal nog met tyd hierdie invloede en my skop daarteen in my lewe deel en hopelik iets nader van wat ek glo met almal kan deel.

 

Wietsche Fourie

Writer
More actions